MEMBER LOGIN

You Are Not Logged In

NEWS & EVENTS

New Layout Unveiled
As you can see KosBok.com has undergone a major design change. Email us and let us know what you think.

Coming Soon
We are going to be introducing the abiltiy for KosBok.com readers to become members, you will be able to add new recipes, keep favorites and add comments.

CONTACT

Email: info@kosbok.com

 

South Africa

BEESPOT

Added by : on

Enjoyment Rating : 0% ( Votes )
Very Good   Good   OK  Bad   Very Bad

Ingredients

15 kg Bees kookvleis in blokkies
5 kg Bacon
10 Groot uie
5 kg Sampioene
5 kg Aartappels - verkieslik klein
5 kg Wortels
5 kg Boontjies
4 kg Tamaties
Pietersielie
4 l Wyn
1 l Lemoensap
4 Pakkies Beesstert Sop
1 Klein Blikkie Appelkooskonfyt
Sout
Peper
Peperkorrels
Lourierblare
Olie

Directions

Skil uie en kap grof.
Sny sampioene grof.
Skil aarappels, indien groot sny in kwarte.
Skil wortels en sny groterige en growwe stukke.
Sny boontjies se punte af en sny in twee of drie stukke.
Plaas al die groente in emmers water.
Sny bacon op in groterige stukke.
Maak pot warm en braai uie tot ligbruin in olie.
Voeg Bacon by en braai tot bacon gaar is.
Voeg Appelkooskonfyt by en braai mengsel verder totdat konfyt gesmelt het.
Skep uie & bacon mengsel uit en hou eenkant.
Voeg vleis by pot en braai tot mooi bruin.
Voeg Lemoensap en sowat 3 l wyn by.
Later kan jy nog byvoeg indien nodig.
Kook nou die vleis vir sowat 1 uur.
Skep die uie & bacon mengsel op die vleis.
Gooi na smaak peperkorrels en lourierblare op die uie.
Plaas aartappels bo uie & bacon mengsel.
Plaas wortels bo aartappels.
Plaas boontjies bo wortels.
Kook nou pot vir sowat 1 en 'n half uur.
Die groente behoort nou te begin sag word.
Gooi nou die sampioene bo die boontjies.
Sny tamaties grof en gooi oor sampioene.
Kap pietersielie fyn en strooi oor tamaties.
Na sowat 30 minute kan jy die groente begin toets, dit behoort nou sag te wees.
Kyk na die sous in die pot dit moet lekker opkook.
Neem die soppoeier en maak an met 'n bietjie wyn.
Gooi sop oor die groente en kook vir sowat 15 minute.
Proe die sous en indien nodig gooi sout en peper oor.
Kook 'n verdere 15 minute en proe weer.
Jy kan nou finaal 'n stukkie vleis en aartappel uitgrawe en toets vir sagtheid.
Proe die sous ook finaal vir smaak.

Wenk:
Die pot is genoeg vir sowat 70 mense.
Die pot is ook baie smaaklik.
'n Nr 20 pot word aanbeveel.
Die pot vertoon ook mooi.
Indien verkies word kan die konfyt weggelaat word en vervang word met so 3 bottels blatjan.

OUR SUPPORT

We will maintain the site to the best of our ability ensuring that the recipes are added have value to other memebrs

We retain the right to change or delete recipes, forum comments or anything else we deem needs changing.