MEMBER LOGIN

You Are Not Logged In

NEWS & EVENTS

New Layout Unveiled
As you can see KosBok.com has undergone a major design change. Email us and let us know what you think.

Coming Soon
We are going to be introducing the abiltiy for KosBok.com readers to become members, you will be able to add new recipes, keep favorites and add comments.

CONTACT

Email: info@kosbok.com

 

South Africa

VINNIGE GEMMERBIER

Added by : on

Enjoyment Rating : 0% ( Votes )
Very Good   Good   OK  Bad   Very Bad

Ingredients

1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne

Directions

1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen\"
5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.


Nota: Dit is \'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

OUR SUPPORT

We will maintain the site to the best of our ability ensuring that the recipes are added have value to other memebrs

We retain the right to change or delete recipes, forum comments or anything else we deem needs changing.