MIKROGOLF VRUGTEKOEK
Added by : on
Enjoyment Rating : 0% ( Votes )
Very Good
Good
OK
Bad
Very Bad
Ingredients
125 g botter
500 g vrugtekoekmengsel
250 ml (1k) sagte bruin suiker
375 ml (1& 1/2k) water
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml kitskoffiepoeier
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
knippie sout
100 g glanskersies, in kwarte gesny
100 g amandels, gekap.
2 eiers, geklits
15 ml brandewyn.
Directions
Spuit 'n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer
uit met handdoek papier.
Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in 'n
glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roer nie. Laat
heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).
Sif die droë bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op 'n omgekeerde piering of
andersins 'n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen
50% krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)
As die koek wegtrek van die kante , is dit reg.
Keer uit op 'n draadrakkie en giet nog 'n bietjie brandewyn oor wanneer
afgekoel.
Draai toe in tinfoelie en bêre in 'n lugdigte houer.
Lewer 'n groot koek.
OUR SUPPORT
We will maintain the site to the best of our ability ensuring that the recipes are added have value to other memebrs
We retain the right to change or delete recipes, forum comments or anything else we deem needs changing.
